Stem vir plaaslike entrepreneur

Jandré du Plessis (16), ’n gr.10–leerling aan die Hoërskool Diamantveld (DHS), het in 2015 ’n belangstelling in historiese memorabilia ontwikkel.

Hy het dit sedertdien begin versamel. Jandré se ouers kon dit nie bekostig om sy stokperdjie te ondersteun nie, waarop hy sy eie besigheid, genaamd G5 Militaria, begin het.

“Ek het my eerste fondse gekry deur ’n varkie by ’n kerkbasaar te vang. Ons het die vark grootgemaak en vir R500.00 verkoop,” sê Jandré. Sedertdien het hy al ongeveer 3 000 militêre items versamel. Hierdie items sluit belde, kentekensuniforms, hoofbedekkings, range en medaljes in. Jandré doen besigheid met versamelaars in 12 verskillende lande.

Read more here: Find It in Kimberley

0 replies

Leave a Reply

Want to join the discussion?
Feel free to contribute!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *