Jandré behaal Top 20 in entrepreneurskompetisie.

Jandré du Plessis (16) ’n gr.10-leerling aan die Hoërskool Diamantveld is in die Top 20 van die The School Entrepreneur Movement.

Jandré wat in 2015 ’n belangstelling in historiese memorabilia ontwikkel het, het ingeskryf vir hierdie kompetisie. Studente in gr. 8 tot gr. 12 kon hulle bestaande geld-onderneming, stokperdjie of besigheid inskryf en ‘n kans kry om R100 000 te wen. Vier naaswenners sal elk R10 000 vir hulle besighede ontvang.

Hierdie jong entrepreneur is in die Top 20 van hierdie kompetisie en die wenner sal op 12 November 2018 gekies word. Dit volg nadat Jandré ook vroeër vanjaar as entrepreneur van die jaar by die kompetisie wat Mentorvennoot, in samewerking met Impact Financial Training Academy jaarliks aanbied, aangekondig is.

Jandré se eie versameling bestaan tans uit 1 750 stukke. Gaan kyk gerus na sy Facebook-blad, The JH du Plessis Militaria Collection.

Lees vorige stories oor Jandré hier: Stem vir plaaslike entrepreneur en Entrepreneur van die jaar – Jandré du Plessis.

0 replies

Leave a Reply

Want to join the discussion?
Feel free to contribute!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *